Sedert die begin van 2013 is ek betrokke by Pretoria Shepherd Dog Club met my Salt/Pepper Riesenschnauzer, Fraulein. Ons het aanvanklik die Puppy Kindergarten bygewoon, waarby ek baie geleer het en Fraulein die geleentheid gekry het om te sosialiseer met ander honde en hulle eienaars.
Vanaf April doen ons  die beginners gehoorsaamheidsopleiding en is dit vir my heerlik om te sien hoe my hond leer en groei in gehoorsaamheid en karakter.
Die club is nie net vir my ‘n plek waarheen ek my hond neem vir opleiding nie. Die “crew” is vriendelik, hulpvaardig en gee altyd raad. Dit is duidelik dat die opleiding van honde vir elkeen van julle ‘n passie is. Baie dankie vir die afgelope paar maande en vir dit wat ons by julle kan leer.
Andrien Myburgh en Fraulein